Jana Grobbelaar, redakteur van FiND iT, sê dié twee mediahuise werk saam om seker te maak Suid-Afrikaners word ingelig gehou en kan steeds nuus gratis ontvang.
Beide FiND iT en AfriNUUS is in privaat besit en bereik saam meer as 4 miljoen Afrikaanse lesers, met meer as 12 miljoen bladlese.
Hein Boshoff, redakteur van AfriNUUS, sê dit is beslis ’n eerste vir Afrikaans, waar twee van die grootste onafhanklike Afrikaanse nuusdienste kragte saamsnoer om vir jou die voorste nuus – in jou taal – te bring.
“Oor Desember en Januarie het ons dit goed gedink om hande te vat, terwyl sommige van ons hardwerkende joernaliste ‘n welverdiende blaaskans verdien,” vertel Boshoff.
Op Facebook bereik dié twee nuusdienste saam ongeveer 20 miljoen mense. “As jy die getalle bymekaar sit, is ons opgewonde om brekende nuus aan jou te verskaf, deur ’n samewerking tussen ons joernaliste. Dit beteken dat jy dieselfde nuus op albei platforms kan lees,” vertel Boshoff.
Volg FiND iT hier:
FiND iT Nuus Facebook, FiND iT Nuus Instagram, FiND iT Nuus WhatsApp, FiND iT Nuus Twitter, FiND iT Nuus App en Nuus @ Afrikaans op Moya
Volg AfriNUUS hier:
AfriNUUS Facebook, AfriNUUS Instagram, AfriNUUS Twitter en AfriNUUS Telegram.
Albei redakteurs voel sterk oor onafhanklike nuus wat gratis aangebied word. Grobbelaar brei uit dat FiND iT Nuus – en in effek nou ook AfriNUUS – nog verder gaan om Suid-Afrikaners op hoogte te hou, data-vry. “Met ons nuusaanbieding op die Moya App, wat data-vry is, bereik ons ook Afrikaanssprekendes wat nie kan bekostig om data te gebruik om nuus te lees nie. Inligting en toegang tot inligting is ‘n reg, nie ‘n voorreg nie. Dit is hoe jy jouself op hoogte hou van wat in jou omgewing aangaan,” sê Grobbelaar.
Boshoff stem saam: “Ek voel persoonlik dis die reg van ons Afrikaanssprekendes om nuus gratis in hulle taal te lees. Met hierdie unieke ooreenkoms stem ons saam dat dit belangrik is om ons lesers ingelig te hou – waar jy jou ookal bevind.”
Kontak FiND iT by [email protected] of AfriNUUS by [email protected].
Jy kan die gesamentlike verklaring hieronder in Afrikaans lees;
FiND-iT-_-AfriNUUS_AfrikaansJy kan die gesamentlike verklaring in Engels hieronder lees;
FiND-iT-and-AfriNUUS-joining-hands-this-summer